Konfederasie

'n Konfederasie (Latyn: confoederatio = con + federare van foedus verbond) is 'n verbond tussen state soos die Switserse Konfederasie van vroeër.

By ’n federasie staan deelstate onder gesag van ’n federale regering en 'n federale grondwet. By ’n konfederasie word soewereine state saamgebind deur ’n verdrag (en nie 'n grondwet nie). By ’n konfederale staatsvorm kan die saambindende verdrag ook maklik opgesê word. Switserland was voorheen ’n konfederasie, maar is tans ’n federasie. Die huidige Europese Unie is ’n voorbeeld van ’n konfederale staatsvorm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search